danvillebanner
Manne van die Woord
Wees Positief PDF Afdruk E-pos

Het iemand jou al seer gemaak met woorde wat gespreek is ? Ek dink ons almal sal "ja" antwoord hierop maar het jy al woorde gespreek wat iemand anders seergemaak het ? Woorde wat negatiwiteit spreek; onkunde spreek; haat spreek of enige ander vorm wat afbreek kan woede laat ontvlam tussen mense maar 'n sagte antwoord of dan 'n positiewe antwoord laat woede bedaar.

Het ons al na onsself geluister wanneer ons mekaar groet : More Piet; more John; hoe gaan dit? Nee jong jy weet mos,  dit gaan maar sleg met die ekonomie, daar is nie werk daarbuite nie; ek glo nie ons gaan 'n goeie reen seisoen he nie; ja jong dit is maar swaar vir ons arme blankes in die nuwe SA; nuwe dag selfde moeilikheid; probeer maar die blinkkant bo hou ; beter met my gegaan toe my pa vir my gesorg het en so kan ons aangaan.

Nee boeta, gaan hierdie week uit en gaan spreek goedheid oor jouself en ander; gesondheid oor jou en ander; gaan spreek woorde wat opbou; spreek woorde van sukses oor jou besigheid en spreek woorde van wysheid. Jy het Jesus aan jou kant - gaan uit en neem jou wedderegtilike posisie op; spreek positiewe oor jou volgende tender of kontrak; spreek gesondheid en nie siekte en bowenal gaan vertel vir ander van Jesus en wat Hy vir jou en vir jou gesin beteken.  

Wat se die Bybel oor woorde wat ons spreek:

Wise speech is rarer and more valuable than gold and rubies (Proverbs 20:15)

Whatever is in your heart determines what you say (Luke 6:45)

If you claim to be religious but don't control your tongue, you are just fooling yourself, and your religion is worthless. (James 1:26)

'n Mens kan voorspoedig word deur altyd die regte woorde te gebruik; onbetroubare mense is net uit op geweld. (Spreuke 12:2)

 
24 November 2009 PDF Afdruk E-pos

'n Hofdienaar het geluister na Filippus se verduideliking van Jesaja 53 en hy is bekeer.

Paulus het 'n direkte ontmoeting met God gehad.

Paulus het die evangelie verkondig en Lidia het bekeer.

Die tronkbewaarder het net na Paulus se prediking geluister en hy en sy familie is gered.

Wat wil ek hierbo vir jou sê ? Dit is wanneer 'n persoon wedergebore word. 'n Persoonlike verbintenis met Christus vind plaas. Die krag van Christus word syne en op hierdie manier is hy met God versoen. (Romeine 5:10).

Wat is wedergebore ?

Dit is wanneer jy tot 'n besef kom dat ons niks kan doen uit eie krag nie. Jy onderwerp jou aan Christus en jy kruisig jou eie wil en ons leef ooreenkomstig Sy wil.

Wat verander ?

Jy het 'n nuwe hart; nuwe gemoed; jy het skielik ander belange; jy het 'n liefde vir Sy wet en ook vir jou naaste. Nou het jy 'n ewige bestemming.  Jy word deel van Jesus se liggaam en as jy eendag sterf weet jy verseker jy is oppad na Hom toe.

Boeta; het jy al Jesus aan iemand voorgestel ? Miskien is dit nou die tyd dat iemand dalk na jou gaan luister of net sien hoe jy leef en dan ook hunker na wat jy het om ook 'n ontmoeting met Jesus te hê om totaal bekeer te word en te weet hy is gered. Jesus wag vir sy skape om na Hom te kom - jy is 'n herder !

John 3 : 1-12

Jesus began, "unless you are born again, you can never see the Kingdom of God.

Spiritual rebirth is necessary to enter God's Kingdom. Being born again is the easy, passive part - the challenge comes as we grow up and must choose to submit our wills to the control of God's Spirit. Transformation is not attained by trying harder to live a better life . It is the result of growing in the grace of God.

Brother, have you been born again, do you know that you will have eternal live ? Have you given the Holy Spirit full control of your live ? If you say yes to all of this then you have become part of His body; go out brother and preach the gospel to others that are in need of eternal live. Bring the sheep to Jesus our only Saviour.

 
Geseënd en gelukkig? PDF Afdruk E-pos

Wat beteken dit om gelukkig en geseënd te wees ?

Om gelukkig te wees in myself met 'n geluk van tevredenheid wat alles te bowe gaan. Dit is 'n gelukkigheid in my wat nie van stryk gebring word deur aardse omstandighede nie en my geluk sal nie afhang van dit wat om my gebeur nie maar 'n diepe gevoel in my dat my "joy & happiness" vasgesetel is in Hom. En hoe verkry ek daardie versekerde gevoel ? Maklik; leef net in 'n diepe verhouding met Jesus wat jou alle permanente geluk en seëninge gee en jy sal ewige geluk en seëninge ervaar.

So maklik wil ons ons geluk gaan soek in tydelike aardse dinge maar dit is partykeer van korte duur en kan in 'n oogwink weggeneem word van jou en dan indien jy daardie absolute oop en mooi verhouding met jou Skepper het; dan het jy iets om aan vas te hou en jou geluk en seëninge van Hom af kan jy bly ervaar en in oorwinning leef.

Matteus 5 : 3

Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

God blesses those who realize their need for Him, for the Kingdom of Heaven is given to them.

 

Ons help jou deur Jesus!

Kontak ons - Hoe kan ons jou help deur Jesus?
Wingate-golfdag
Starter-pack
Gids vir hoe om te bid

Betrokkenheid

Raak betrokke

Ken jy 'n boeta wat swaar kry?  Sit jou arm om hom en bring hom een oggend saam!